Herman Toerien is 'n arbeidsregkonsultant, 'n vryskutskrywer en politieke navorser, asook pepersproeibemarker.
Herman het disleksie, en vra daarom by voorbaat verskoning aan lesers vir spelfoute en ander verwante glipse wat intree. Uit sy pennevrug wil hy egter tog aan ander disleksielyers 'n inspirasie bied dat die probleem nie in die pad van talentuitlewing hoef te staan nie, al moet geïmproviseer word, en al is die pennevrug op die internet in plaas van op boekrakke.
Die blog bevat dus 'n groot verskydenheid van 'n baie uiteenlopende aard. Dit sluit in geberuikte en ongebruikte episodes van Herrie se kerrie, kortverhale en woordsketse, nuuskommentare en ernstige artikels.
Onder sy pennevrug tel Cry Freedom too, 'n opdrag-skrywe, maar by verre die meeste van sy gepubliseerde skryfwerk, wat enkele gedigte inlsuit, 'n skets in Huisgenoot en artikels in Die Kerkblad is in Afrikaans. Heelwat hiervan kan via Media 24 se elektroniese argief en Google gevind word.
Herman is getroud met Joan, 'n sakevrou en eienaar van die Fotostaatsentrum in Langenhovenpark, Bloemfontein, en het twee seuns, Nic en Jandré.
Herman has dyslexia and attempts through the articles on this blog serve as inspiration for other sufferers of dyslexia not to shy away from writing talents.
Elkeen se Boetman-ervarings on Dec 05
Waar kry Zuma Beach in Kalifornië sy naam vandaan? on Dec 04
Afrikaanse humor: Renosterstories on Dec 03
Nuuskommentaar: Die geval Malema - al weer on Dec 03
Internasionale dag vir persone met gestremdhede on Dec 03
This blog has 11 subscribers: